Kanaaleilande

Kanaaleilande
Inheemse naam: Îles d'la Manche, Îles Anglo-Normandes / Îles de la Manche, Channel Islands
Die Engelse Kanaal met die eilande Jersey en Guernsey
Die Engelse Kanaal met die eilande Jersey en Guernsey
Geografie

Ligging Engelse Kanaal
Koördinate 49°25′N 02°20′W / 49.417°N 2.333°W / 49.417; -2.333Koördinate: 49°25′N 02°20′W / 49.417°N 2.333°W / 49.417; -2.333
Argipel Britse Eilande
Totale eilande 14
Hoofeilande Jersey
Oppervlakte 194 vk km
Hoogste punt Les Platons 136 m
Administrasie
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Britse Kroongebiede Jersey

Hoofstad Saint Helier
Grootste stad Saint Helier (28 310)
Elizabeth II Elizabeth II

Demografie
Bevolking 164 000

Ligging van die Kanaaleilande
Kaart van die Kanaaleilande

Die Kanaaleilande (Engels: Channel Islands, Frans: Îles Anglo-Normandes of Îles de la Manche, Normandies: Îles d'la Manche) is 'n eilandgroep wat tussen die Verenigde Koninkryk en Frankryk in die uiterste suide van die Engelse Kanaal en naby die Normandiese kus lê.

So behoort hulle geografies wél aan Frankryk, maar in politieke opsig aan die Verenigde Koninkryk, of streng gesproke, die Britse Kroon aangesien hulle 'n besondere regstatus as Kroonbesittings het ('n status wat hulle met die Eiland Man deel). As sulks maak hulle amptelik nie deel uit van die Verenigde Koninkryk of die Europese Unie nie (maar val wél binne die EU se doeanegebied) en reik ook hul eie banknote en posseëls uit.

In 1066 het die hertoë van Normandië Engeland verower, maar 'n tyd later hul vastelandse Normandiese grondgebied kwytgeraak. Die Kanaaleilande was die laaste en enigste deel van hul oorspronklike stamland wat toe nog trou aan hulle gesweer het.

Alhoewel die Koningin van Engeland in haar funksie as "Hertog" van Normandië die staatshoof van die eilande is, maak hulle administratief nie deel uit van die Verenigde Koninkryk nie. As laaste oorblyfsel van die Hertogdom van Normandië is hulle 'n Britse Kroongebied met selfregering. Chausey is die enigste eilandgroep wat tot Frankryk behoort.

Die mees noordelike eiland is Alderney (sowat 80 kilometer van Engeland en 13 kilometer van Frankryk af), wat deur die klein eilande Burhou, Ortac en die Casquets omring word. 25 kilometer suidwes van Alderney lê Guernsey met die kleiner eilande Sark, Lihou, Herm en Jethou. 24 kilometer suidoos van Guernsey lê Jersey met Les Ecrehou en die Minquiers-rotsbank. 45 kilometer suid van Jersey en 83 kilometer van Alderney af lê die klein eilandgroep van Chausey, waarvan net een eiland bewoon is. Die laasgenoemde behoort tot Frankryk.

Die oorgrote meerderheid van die bevolking praat Engels, en meer as 70 persent is nie op die eilande self gebore nie, maar het weens die gematigde Golfstroomklimaat en belastingvoordele na die eilande verhuis. Die oorspronklike Normandiese eilanddialekte Jèrriais op Jersey en Dgèrnésiais op Guernsey word nog deur 'n minderheid van die inwoners as omgangstaal gepraat.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search