Marxisme

Marxisme is meestal op die ideë van die 19de eeuse filosoof Karl Marx gebaseer.

Marxisme is die teoretiese grondslag vir moderne kommunisme, gebaseer op die ideë en denkbeelde van Karl Marx en Friedrich Engels.

Hierdie ideë en denkbeelde is op drie groot ideologiese strominge van die 19de eeu gestoel: Duitse filosofie (veral die dialektiek van Hegel), klassieke Engelse politieke ekonomie en Franse sosialisme in kombinasie met Franse rewolusionêre doktrines. Uit hierdie strominge het Marx en Engels 'n moderne "wetenskaplike sosialisme" gedistilleer.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search