Monaco

Vorstedom Monaco
Principauté de Monaco (Frans)
Principatu de Munegu (Monegaskies)
Vlag van Monaco Wapen van Monaco
Vlag Wapen
Nasionale leuse: Deo Juvante
(Latyn vir: "Met die hulp van God")
Volkslied: Hymne Monégasque
(Frans vir: "Volkslied van Monaco")
Ligging van Monaco
Hoofstad Monaco[1][2]

43°44′N 7°25′O / 43.733°N 7.417°O / 43.733; 7.417

Grootste stad Monte Carlo

43°44′N 7°26′O / 43.733°N 7.433°O / 43.733; 7.433

Amptelike tale Frans[3]
Regering

Monarg
• Staatsminister
Unitêre parlementêre
grondwetlike monargie
Albert II
Pierre Dartout
Onafhanklikheid
Huis van Grimaldi
• Frans-Monegaskiese Verdrag
• Eerste grondwet
• Frans-Monegaskiese Verdrag

1297
1861
1911
2002
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
2,1 km2  (194ste)
0,81 myl2
feitlik geen[4]
Bevolking
 - 2022-skatting
 - 2016-sensus
 - Digtheid
 
39 050[5] (190ste)
37 308[6]
18 774 / km2 (1ste)
48 624,4 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2015-skatting

$7,672 miljard[7] (158ste)
$115 700[7] (3de)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2019-skatting

$7,424 miljard[8] (159ste)
$190 513[9] (2de)

MOI (2008) 0,956[10] (1ste)  –  baie hoog
Geldeenheid Euro (€) (EUR)
Tydsone
 - Somertyd
MET (UTC+01)
MEST (UTC+02)
Internet-TLD .mc
Skakelkode +377

Monaco (Frans Monaco, [mɔnako]; Monegaskies: Munegu), amptelik die Vorstedom Monaco (Frans: Principauté de Monaco; Monegaskies: Principatu de Munegu), is 'n Europese stad- en mikrostaat. Ná die Vatikaanstad is Monaco die tweede kleinste land ter wêreld en word deur die oudste heersende dinastie, die Huis van Grimaldi, geregeer.

Die paleis van Monaco
Le Rocher met die historiese middestad (Le Rocher of Monaco-Ville genoem)

Monaco is tussen Frankryk en die Middellandse See geleë, aan die Franse Riviera of Côte d'Azur ("Asuurblou Kus") en sowat 21 km van die Franse grens met Italië af. Monaco, wat volledig deur Franse staatsgebied omsluit word, bestaan hoofsaaklik uit die ou stad Monaco en die woongebiede wat later bygevoeg is. Dit is die digbevolkste staat ter wêreld met meer as 18000 inwoners per vierkante kilometer.

Na Monaco word dikwels verwys as die Manhattan van die Middellandse See, 'n bynaam wat op die talle wolkekrabbers en voortdurende boubedrywighede in die vorstedom sinspeel. Monaco is allermins een van die aantreklikste kusoorde langs die Franse Riviera – Monte Carlo word eerder as 'n lofsang op glas en beton beskryf, versinnebeeld deur veelverdieping-hotelle en woonsteltorings wat uit 'n doolhof strate verrys en met hul helder fasades 'n sterk kontras vorm teen die heuwels in die agtergrond. Nogtans is daar ook 'n historiese kwartier, geleë op 'n groot rotsformasie aan die hawe se suidekant, Le Rocher. Hier is ook die prinslike paleis geleë.

Die vraagstukke, wat die klein vorstedom in die gesig staar, verskil nie baie van dié van groter lande nie. Die handhawing van die openbare orde is 'n prioriteit vir die regering; lae misdaadsyfers is belangrik om Monaco se aantreklikheid vir die welgesteldes en skones te bewaar. Terselfdertyd het Monaco aan die begin van die 21ste eeu die voorheen ongekende stap gedoen om sy deure vir hoofstroom-toerisme te open.

Toeriste word deur die aangename klimaat en uitstekende infrastruktuur met 'n hoë digtheid luukse hotelle en eersterangse restourante (waaraan tien Michelin-sterre toegeken is[11]) gelok; welvarendes trek daarnaas voordeel uit Monaco se reputasie as verskaffer van finansiële dienste, belastingshawe – alhoewel lande soos Frankryk moeite doen om die vorstedom se aantrekkingskrag op belastingontduikers te verminder, terwyl ook inligting uitgeruil word met die Amerikaanse federale belastingsdiens Internal Revenue Service (IRS) – en jaghawe. Met uitsondering van Franse burgers, wat in hul geboorteland belastingpligtig bly, hoef permanente bewoners geen belasting op inkomste en erflatings te betaal nie – rede genoeg vir welvarende buitelanders om hulle in die vorstedom te vestig. Ondernemings trek eweneens voordeel uit Monaco se belastingwetgewing.

Bekende persoonlikhede uit die televisie- en vermaakbedryf vergader jaarliks in Monaco ter geleentheid van Monte Carlo se televisiefees wat danksy 'n inisiatief van vors Rainier III sedert 1961 gehou word. Die invloed van Monaco se eie uitsaaibedryf strek ver buite sy grense. Sedert die 1960's maak Radio Monte-Carlo (RMC) gebruik van senders met baie groot reikwydtes om gehore in groot dele van Frankryk te teiken. Sedert die 1970's word ook programme vir Italiaanse luisteraars uitgesaai. RMC beskik oor uitgebreide FM-netwerke in albei lande. Franse radioprogramme word aangevul deur die televisiediens TV Monte-Carlo (TMC).[12]

  1. (en) "United-Nations data, country profile". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 April 2020. Besoek op 30 Januarie 2019.
  2. (en) "Constitution of Monaco (art. 78): The territory of the Principality forms a single commune.". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 April 2020. Besoek op 30 Januarie 2019.
  3. (fr) "Constitution de la Principauté". Raad van die Regering. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Julie 2011. Besoek op 22 Mei 2008.
  4. (fr) Monaco en Chiffres, Principauté de Monaco. Besoek op 8 Desember 2013.
  5. (en) "Population on 1 January and is one of the smallest country. It is 2nd most smallest country". Eurostat. Besoek op 7 Maart 2024.
  6. (fr) "Recensement de la Population 2016" (PDF). Institut Monégasque de la Statistique et des Études Économiques (IMSEE). Februarie 2018. Besoek op 6 Januarie 2021.
  7. 7,0 7,1 (en) "Monaco". Central Intelligence Agency. Besoek op 7 Maart 2024.
  8. (en) "GDP (current US$) – Monaco". Wêreldbank. Besoek op 6 Januarie 2021.
  9. (en) "GDP per capita (current US$) – Monaco". Wêreldbank. Besoek op 6 Januarie 2021.
  10. (en) Filling Gaps in the Human Development Index Geargiveer 5 Oktober 2011 op Wayback Machine, United Nations ESCAP, Februarie 2009
  11. (de) Frankfurt-live.com, 8 Junie 2020: Tourismus in Monaco nimmt wieder Fahrt auf. Besoek op 21 Augustus 2020
  12. (en) BBC.com: Monaco profile – Media. Besoek op 21 Augustus 2020

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search