Rainier III van Monaco

Rainier III
Prins van Monaco

Naam Rainier III
Volle naam Rainier Louis Henri Maxence Bertrand
Titel Sy Deurlugtige Hoogheid die Soewereine Prins van Monaco
Bewind 9 Mei 1949 – 6 April 2005
Gebore 31 Mei 1923, Monaco
Oorlede 6 April 2005, Monaco
Voorganger Louis II
Opvolger Albert II
Eggenote Grace Kelly
Kinders Caroline, Prinses van Hannover
Albert II van Monaco
Prinses Stéphanie van Monaco
Huis Grimaldi
Vader Prins Pierre, Hertog van Valentinois
Moeder Prinses Charlotte, Hertogin van Valentinois

Rainier III, Prins van Monaco (Rainier Louis Henri Maxence Bertrand Grimaldi, Graaf van Polignac; 31 Mei 1923 – 6 April 2005), het langer as 50 jaar oor die prinsdom Monaco regeer en was dus een van die langs regerende monarge van die 20ste eeu. Sy volle titel was Sy Deurlugtige Hoogheid die Soewereine Prins van Monaco.

Hy was buite Europa veral bekend vanweë sy huwelik met die Amerikaanse aktrise Grace Kelly. Hy was egter ook verantwoordelik vir hervormings aan die Monegaskiese grondwet en die uitbreiding van die land se ekonomie. Dobbelary maak vandag sowat 3 persent van die land se jaarlikse inkomste uit; toe Rainier die troon in 1949 bestyg het, was dit meer as 95 persent.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search