Russiese Lugmag

Russiese Lugmag
Embleem van die Russiese Lugmag
Embleem van die Russiese Lugmag
Embleem van die Russiese Lugmag
Gestig 7 Mei 1992
Land Rusland
Onderdeel van Gewapende Magte van die Russiese Federasie
Tipe Lugmag
Vaandel Vaandel van die Russiese Lugmag
Rondeel Rondeel van die Russiese Lugmag
Spesialisasie Lugoorheersing, verkenning, nabye lugondersteuning
Aantal lede 148 000 personeel (2020)

Die Russiese Lugmag (Russies: Военно-воздушные силы России Wojenno-Wozdoesjnije Sili Rossiji) is die lugmag van die Gewapende Magte van die Russiese Federasie.

Dit is tans onder die bevel van kolonel-generaal Sergei Surovikin. Die Russiese Vloot het sy eie lugarm, die Russiese vlootlugtak.

Die huidige Russiese Lugmag is gevorm uit dele van die voormalige Sowjet Lugmag ná die ontbinding van die voormalige Sowjetunie aan die einde van die Koue Oorlog in Desember 1991. Boris Jeltsin se skepping van die Ministerie van Verdediging van die Russiese Federasie op 7 Mei 1992, kan as 'n gerieflike stigtingsdatum vir die nuwe lugmag geld. Sedertdien het die lugmag ernstige terugslae te wyte aan 'n gebrek aan hulpbronne, en het voortdurend gekrimp in grootte. Sedert Wladimir Poetin president van die Russiese Federasie is, word baie meer fondse egter aan die gewapende magte toegeken.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search