Rwanda

Republiek Rwanda
Republic of Rwanda (Engels)
République du Rwanda (Frans)
Repubulika y'u Rwanda (Kinyarwanda)
Jamhuri ya Rwanda (Swahili)
Vlag van Rwanda Seël van Rwanda
Vlag Seël
Nasionale leuse:
Ubumwe, Umurimo, Gukunda Igihugu
(Kinyarwanda vir: "Eenheid, Arbeid, Patriotisme")
Volkslied: Rwanda Nziza
(Kinyarwanda vir: "Pragtige Rwanda")
Ligging van Rwanda
Hoofstad Kigali

1°57′S 30°4′O / 1.950°S 30.067°O / -1.950; 30.067

Grootste stad Kigali
Amptelike tale Engels, Frans, Kinyarwanda en Swahili
Regering Unitêre semi-presidensiële
grondwetlike republiek
Paul Kagame
Édouard Ngirente
Onafhanklikheid
• Koninkryk Rwanda
• Rwanda-Burundi
• van België
• Republiek
• Huidige grondwet

11de eeu
1945–1962
1 Julie 1962
1 Julie 1966
26 Mei 2003
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
26 338 km2  (144ste)
10 169 myl2
5,3
Bevolking
 - 2019-skatting
 - 2012-sensus
 - Digtheid
 
12 374 397[1] (76ste)
10 515 973[2]
470 / km2 (22ste)
1 217,3 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2021-skatting

$34,327 miljard[3]
$2 590[3]

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2021-skatting

$11,035 miljard[3]
$833[3]

MOI (2019) 0,543[4] (160ste)  –  laag
Gini (2016) 43,7[5] –  laag
Geldeenheid Frank (RWF)
Tydsone
 - Somertyd
SAT (UTC+2)
nie toegepas nie (UTC+2)
Internet-TLD .rw
Skakelkode +250

Rwanda (Engels: [ruːˈɑːndə] of [ruːˈændə], ; Kinyarwanda: U Rwanda, [u.ɾɡwa:.nda], ), amptelik die Republiek Rwanda (Engels: Republic of Rwanda, Frans: République du Rwanda, Kinyarwanda: Repubulika y'u Rwanda, Swahili: Jamhuri ya Rwanda), is 'n landingeslote land in Sentraal- en Oos-Afrika net suid van die ewenaar. Dit is die digs bevolkte land in Afrika. Nes sy buurstaat Burundi is dit 'n voormalige deelgebied van Duits-Oos-Afrika, wat later as mandaatgebied van die Verenigde Nasies 'n Belgiese administrasie gekry het. Albei lande word deur etniese konflikte tussen die Tutsi-minderheid en die meerderheid van die Hutu geteister. Die Twa vorm die derde etniese groep in daardie lande. Rwanda het in 1962 onafhanklik van België geword. Tussen 500 000 en ’n miljoen mense het in etniese slagtings omgekom, veral gedurende die Rwandese volksmoord van 1994. Dit is ’n lidland van die Afrika-unie en die Statebond.[6]

Nasa-Satellietbeeld van Rwanda

Rwanda grens aan UgandaTanzaniëBurundi en die Demokratiese Republiek die Kongo. Rwanda is in die Groot Mere van Afrika-streek en lê baie hoog; sy geografie word oorheers deur berge in die weste en savanne aan die oostekant, met talle mere regdeur die land. Die klimaat is matig tot subtropies, met twee reënseisoene en twee droë seisoene per jaar. Rwanda beslaan 'n oppervlakte van 26 338 km² en het 'n bevolking van 12 374 397 in 2019 gehad. Die hoofstad en grootste stad is Kigali.

  1. (en) "Size of the resident population". Nasionale Instituut vir Statistiek van Rwanda. 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Mei 2016. Besoek op 4 April 2020.
  2. (en) "The General Census of Population and Housing, Rwanda" (PDF). Nasionale Sensusdiens. Februarie 2003. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 16 April 2014. Besoek op 4 Augustus 2014.
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 (en) "Rwanda". Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2021. Besoek op 16 Januarie 2022.
  4. (en) "Human Development Report 2020" (PDF). United Nations Development Programme. 2020. Besoek op 16 Januarie 2022.
  5. (en) "Rwanda". Wêreldbank. Besoek op 16 Januarie 2022.
  6. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search