The Gulag Archipelago

The Gulag Archipelago

Oorspronklike titelАрхипела́г ГУЛА́Г
SkrywerAleksandr Solzhenitsyn
VertalerGeneviève Johannet, José Johannet, Nikita Struve (Frans)
Thomas P. Whitney (Engels)
LandVlag van Frankryk Frankryk
TaalRussies
GenreNiefiksie
UitgewerÉditions du Seuil
Uitgegee1973
MediumDruk (gebind & sagteband)
ISBN0-06-013914-5

The Gulag Archipelago (Russies: Архипела́г ГУЛА́Г, Afrikaans: Die Goelag-argipel) is 'n roman deur die Russiese skrywer Aleksandr Solzhenitsyn. Die boek gaan oor die dwangarbeidskampe vir andersdenkendes wat vervolg word deur die Sowjetregime van die jare ná die Tweede Wêreldoorlog. Alhoewel vonnisse (wat wissel van maande tot jare) van andersdenkendes volgens die Sowjetstrafreg grondig is, is daar baie kritiek dat 'n groot deel van die vervolgde andersdenkendes onskuldig is aan enige werklike misdaad.

Die boek self is in die tydperk tussen 1958 en 1968 as 'n ooggetuieverslag deur Solzhenitsyn geskryf. Solzhenitsyn is oor 'n tydperk van 8 jaar vanaf 1945 tydens die leierskap van Josef Stalin aangehou. Die boek is onwettig versprei as 'n samizdat-werk in die Sowjetunie en word in die Weste in 1973 in Parys gepubliseer. In Rusland is die boek eers in 1989 amptelik uitgereik.

Die titel van die boek verwys na die geïsoleerde "eilande" van kampe wat oor die Sowjetunie versprei is. Goelag kom van die Russiese akroniem vir Главное управление исправительно-трудовых лагерей (Glawnoje Oeprawlenije isprawitelno-troedowich Lagerje), "hoofadministrasie vir straf- en arbeidskampe". Laasgenoemde was die liggaam wat die kampe bestuur het.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search