Josef Stalin

Josef Stalin
Josef Stalin
Stalin in 1943

Algemene Sekretaris van die Kommunistiese Party van die Sowjetunie
Ampstermyn
3 April 1922 – 5 Maart 1953
Voorafgegaan deur Amp geskep
Opgevolg deur Georgi Malenkof

Eerste Minister van die Sowjetunie
Ampstermyn
6 Mei 1941 – 5 Maart 1953
Voorafgegaan deur Wjatsjeslaf Molotof
Opgevolg deur Georgi Malenkof

Volkskommissaris van Verdediging van die Sowjetunie
Ampstermyn
19 Julie 1941 – 25 Februarie 1946
Eerste minister Hyself
Voorafgegaan deur Semjon Timosjenko
Opgevolg deur Homself (as Minister van Verdediging)

Minister van Verdediging van die Sowjetunie
Ampstermyn
25 Februarie 1946 – 3 Maart 1947
Eerste minister Hyself
Voorafgegaan deur Homself
Opgevolg deur Nikolai Boelganin

Voorsitter van die Staats-
verdedigingskommissie
Ampstermyn
1941 – 1945

Volkskommissaris van Nasionaliteite
Ampstermyn
1917 – 1923
Voorafgegaan deur Wladimir Lenin

Persoonlike besonderhede
Gebore 18 Desember 1878
Gori, Georgië
Sterf 5 Maart 1953
Moskou, Russiese SFS, Sowjetunie
Politieke party Kommunistiese Party van die Sowjetunie
Religie Geen (ateïs)
Handtekening
Toekennings Held van die Sowjetunie Held van die Sowjetunie

Josef Wissarionowitsj Stalin (Georgies: იოსებ ბესარიონის ძე სტალინი, Russies: Ио́сиф Виссарио́нович Ста́лин; geb. 18 Desember 1878 – † 5 Maart 1953) was van 1922 tot met sy dood in 1953 die algemene sekretaris van die Kommunistiese Party van die Sowjetunie se sentrale komitee. Tydens hierdie tydperk het hy 'n staatsbestel gevestig waarna deesdae verwys word as Stalinisme. As een van verskeie sekretarisse van die sentrale komitee was Stalin se amptelike posisie aanvanklik beperk, maar hy het geleidelik sy mag gekonsolideer en die de facto-leier van die party en diktator van die Sowjetunie geword.[1]

Stalin het 'n staatsbeheerde ekonomie in die Sowjetunie gevestig en vinnige industrialisasie afgedwing op 'n grootliks landelike bevolking. Tegelykertyd is die kollektivering van die landbousektor geforseer. Terwyl die Sowjetunie in 'n kort tydjie omgeskakel is van 'n landelike ekonomie tot 'n groot nywerheidsmag, het miljoene mense gesterf weens hongersnood en armoede wat gevolg het op ernstige ekonomiese omverwerping en die Kommunistiese Party se beleid. Teen die einde van die 1930's het Stalin ook die Groot Suiwering van stapel gestuur, wat 'n groot veldtog van verdrukking was. Miljoene mense wat daarvan verdink is dat hulle 'n bedreiging vir die party ingehou het, is om die lewe gebring of na Goelag-arbeiderskampe in verafgeleë gebiede van Siberië of Sentraal-Asië gestuur. 'n Aantal etniese groepe in Rusland is ook onderwerp aan gedwonge hervestiging.[2]

Tydens Stalin se heerskappy het die Sowjetunie 'n deurslaggewende rol gespeel om Nazi-Duitsland tydens die Tweede Wêreldoorlog (1939–1945) te verslaan. Anders as sy teenspeler Adolf Hitler het Stalin nouliks ingemeng by militêre besluite en oorlogvoering grootliks oorgelaat aan sy ervare generaals – onder wie Rusland se berugte en gevreesde Generaal Winter met sy ysige koue en swaar sneeuvalle gedurende die wintermaande en modderlandskappe in die lente wat vyandelike militêre bewegings belemmer of tot stilstand dwing. Onder Stalin se leierskap het die Sowjetunie een van net twee groot supermoondhede in die na-oorlogse tydperk geword, 'n status wat die Sowjetunie vir bykans vier dekades na sy dood sou behou tot met die ontbinding van die Sowjetunie in 1990.

  1. Bullock, bl. 548, "both dictators".
    Ulam, bl. xiv, "the dictator not only deprived".
    Davies, Harris, bl. 108, "Stalin as dictator".
    Mawdsley, bl. 1, "effectively a dictator".
    Overy, bl. 17, "and, later, as dictator"
  2. Hakim, Joy (1995). A History of Us: War, Peace and all that Jazz. New York: Oxford University Press. ISBN 0-19-509514-6.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search