Warskouverdrag

Kenteken van die Warskouverdrag
Sowjet Filatelie se herdenking: Met die herdenking van sy 20ste bestaansjaar in 1975, was die Warskouverdrag steeds getrou aan sy leuse: Waaksaam vir Vrede en Sosialisme.

Die Warskouverdrag (voorheen die Verdrag van Vriendskap, Samewerking, en Gemeenskaplike Bystand, soms ook kortweg na verwys as WarPac, in opposisie tot NAVO; Russies: Договор о дружбе, сотрудничестве и взаимной помощи)[1] was 'n kollektiewe verdedigingsverdrag tussen die Sowjetunie en sewe ander satellietstate in Sentraal- en Oos-Europa tydens die Koue Oorlog. Die Warskouverdrag was die militêre aanvulling tot die Raad vir Gemeenskaplike Ekonomiese Bystand, die streeksorganisasie vir die kommunistiese state in Sentraal- en Oos-Europa. Die Warskouverdrag is gestig in reakie tot die integrasie van Wes-Duitsland by NAVO,[2][3][4] in 1955 asook oor die Parysverdrae van 1954,[5][6][7][8][9] maar daar was ook geglo dat die organisasie gemotiveer is deur die Sowjetunie se strewe om beheer te behou oor die militêre magte van Sentraal- en Oos-Europa.[10]

Hoewel die Waskouverdrag gestig is as 'n magsbalans,[11] of teenwig teen[12] NAVO, was daar nooit werklike konfrontasie tussen die twee magte nie. Pleks hiervan is die konflik op 'n ideologiese basis geveg. Beide NAVO en die Warskouverdrag het tot die uitbreiding van militêre magte gelei, en die integrasie daarvan by die onderskeie blokke.[12] Die Warskouverdrag se grootste militêre betrokkenheid was die Warskouverdrag se inval in Tsjeggo-Slowakye (met die deelname van al die Verdraglande, behalwe Roemenië en Albanië).[11] Die Verdrag het nie daarin geslaag om op te tree toe die Rewolusies van 1989 in Oos-Europa posgevat het nie. Dit het met die Solidarność-beweging in Pole begin en in Junie 1989 in sy doel geslaag.

Die Verdrag se ontbinding is op 25 Februarie 1991 op 'n vergadering van verdedigings- en ministers van buitelandse sake van die oorblywende lidlande in Hongarye bespreek. Op 1 Julie 1991 verklaar die Tsjeggo-Slowaakse president Václav Havel die formele ontbinding van die Warskouverdrag van Vriendskap, Samewerking, en Gemeenskaplike Bystand, wat in 1955 gestig is. Die Ontbinding van die Sowjetunie self het hierna in Desember 1991 gevolg.

  1. "Text of Warsaw Pact" (PDF). United Nations Treaty Collection. Besoek op 22 Augustus 2013.
  2. Yost, David S. (1998).
  3. "Formation of Nato and Warsaw Pact" (in Engels). History Channel. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Mei 2020. Besoek op 22 Desember 2015.
  4. "The Warsaw Pact is formed" (in Engels). History Channel. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Mei 2020. Besoek op 22 Desember 2015.
  5. Broadhurst, Arlene Idol (1982).
  6. Christopher Cook, Dictionary of Historical Terms (1983)
  7. The Columbia Enclopedia, fifth edition (1993) bl. 2926
  8. The Warsaw Pact Reconsidered: International Relations in Eastern Europe, 1955–1969 Laurien Crump Routledge, bl. 21-22, 11.02.2015
  9. The Oder-Neisse Line: The United States, Poland, and Germany in the Cold War Debra J. Allen page 158 "Treaties approving Bonn's participation in NATO were ratified in May 1955...shortly thereafter Soviet Union...created the Warsaw Pact to counter the perceived threat of NATO"
  10. "Warsaw Pact: Wartime Status-Instruments of Soviet Control".
  11. 11,0 11,1 Amos Yoder (1993). Communism in Transition: The End of the Soviet Empires. Taylor & Francis. p. 58. ISBN 978-0-8448-1738-5.
  12. 12,0 12,1 Bob Reinalda (11 September 2009). Routledge History of International Organizations: From 1815 to the Present Day. Routledge. p. 369. ISBN 978-1-134-02405-6.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search