Hokkaido

Hokkaido
Inheemse naam: 北海道
Topografiese kaart van Hokkaido
Topografiese kaart van Hokkaido
Geografie
Ligging Oos-Asië
Koördinate 43°N 142°O / 43°N 142°O / 43; 142Koördinate: 43°N 142°O / 43°N 142°O / 43; 142
Argipel Japanse Argipel

Oppervlakte 77 981,87 km²
Hoogste punt Asahidake 2 290 m
Administrasie
Vlag van Japan Japan

Hoofstad Sapporo
Grootste stad Sapporo (1 890 561)

Demografie
Bevolking 5 377 435

Bevolkingsgroepe Japanners, Ainoe
Die wêreld se 21ste grootste eiland en die tweede grootste eiland van Japan
Nasa-Satellietbeeld van Hokkaido
Vlag van die Hokkaido-prefektuur
Embleem van die Hokkaido-prefektuur

Hokkaido (Japannees: 北海道, Hokkaidō, [ho̞k̚kaido̞ː], , letterlik: "Noordsee-stroombaan"; Ainoe: Ainu Mosir, voorheen bekend as Ezo, Yezo, Yeso of Yesso) is Japan se tweede grootste eiland en die mees noordelike van die 47 Prefekture van Japan. Dit word deur die Tsugaru-seestraat van Honsjoe, die Japanse hoofeiland, geskei. Intussen word die twee eilande egter deur 'n onderwatertonnel, die Seikan-tonnel, met mekaar verbind.

Hokkaido vorm saam met Honsjoe, Kioesjoe en Sjikokoe die vier hoofeilande van die Japanse Argipel tussen die See van Japan in die weste en die oop Stille Oseaan in die ooste. Dié eiland grens in die weste aan die See van Japan, in die noordooste aan die See van Ochotsk en in die suidooste aan die Stille Oseaan. Hokkaido is in die suide van die Russiese eiland Sachalin en in die suidweste van die omstrede Koerile geleë.[1]

As die Noordelike Gebiede – eilande noord van Hokkaido – ingereken word, beslaan die eiland met sowat 83 500 km² 'n vyfde van Japan se oppervlakte. Sapporo is die hoofstad en belangrikste stedelike gebied.

Alhoewel Hokkaido slegs anderhalf vlieguur noord van die Japanse hoofstad Tokio geleë is, word na die yl bevolkte eiland (sy 5,4 miljoen inwoners verteenwoordig minder as vyf persent van Japan se algehele bevolking) met sy ongerepte woude en wildernis dikwels as Japan se "laaste grens" verwys. Hokkaido se vulkane behoort tot die Ring van Vuur wat die Stille Oseaan van Nieu-Seeland in 'n boog tot by Chili omsirkel.

  1. "Hokkaido" (in Engels). Encyclopædia Britannica. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Desember 2019. Besoek op 12 Augustus 2017.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search