See van Ochotsk

See van Ochotsk

Nasa-Satellietbeeld van die See van Ochotsk

Kaart van die See van Ochotsk
Koördinate:55°N 150°O / 55°N 150°O / 55; 150Koördinate: 55°N 150°O / 55°N 150°O / 55; 150
Ligging:Japan, Rusland
Soort:See van die Stille Oseaan
Oppervlakte:1 583 000 km² (611 000 myl²)
Gemiddelde diepte:859 m (2 818 vt)
Maksimum diepte:3 372 m (11 063 vt)
Invloei:Amoer
Eiland/e:Hokkaido, Koerile, Sachalin, Sjantar-eilande
Nedersettings:Magadan

Die See van Ochotsk (Russies: Охо́тское мо́ре, Ochotskoje more, [ɐˈxotskəɪ ˈmorʲɪ]; Japannees: オホーツク海, Ohōtsuku-kai) is 'n see van die westelike Stille Oseaan. Dit lê tussen die Kamtsjatka-skiereiland in die ooste, die Koeril-eilande in die suidooste, die Japanse eiland Hokkaido in die verre suide, die eiland Sachalin in die weste en ’n lang stuk Oos-Siberiese kus (onder andere die Sjantar-eilande) in die weste en noorde. Dit is genoem na Ochotsk, die eerste Russiese nedersetting in die Russiese Verre-Ooste.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search