Afrikaans

Afrikaans
Gepraat in: Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Vlag van Namibië Namibië
Vlag van Botswana Botswana
Vlag van Zimbabwe Zimbabwe
Flag of eSwatini Eswatini
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Vlag van Australië Australië
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
Vlag van Kanada Kanada
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Flag of Ireland Ierland
Vlag van Argentinië Argentinië 
Gebied: Suider-Afrika
Totale sprekers: 7,2 miljoen (eerste taal)
10,3 miljoen (tweede of derde taal)[1] 
Rang: 99
Taalfamilie: Indo-Europees
 Germaans
  Wes-Germaans
   Nederfrankies
    Nederlands
     Afrikaans 
Skrifstelsel: Latynse alfabet
Arabiese alfabet (Arabiese Afrikaans
Amptelike status
Amptelike taal in: Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Vlag van Namibië Namibië (erken as minderheidstaal)
Gereguleer deur: Die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (in Suid-Afrika)
Taalkodes
ISO 639-1: af
ISO 639-2: afr
ISO 639-3: afr 
Verspreiding van Afrikaans in die wêreld

Afrikaans is tipologies beskou 'n Indo-Europese, Wes-Germaanse, Nederfrankiese taal,[2] wat aan die suidpunt van Afrika onder invloed van verskeie ander tale en taalgroepe ontstaan het. Afrikaans is op 8 Mei 1925 as 'n amptelike taal van Suid-Afrika erken en is tans die derde jongste Germaanse taal wat amptelike status geniet, naas Faroëes wat in 1948 grondwetlik erken is en Luxemburgs wat hierdie status in 1984 verkry het.

Afrikaans is een van die elf amptelike tale van Suid-Afrika en daarnaas ook 'n belangrike taal van Namibië. Volgens die Suid-Afrikaanse sensusopname van 2011, beskou ongeveer 6,9 miljoen sprekers in Suid-Afrika (13,5% van die totale bevolking)[3] dit as hulle moedertaal. Sowat een miljoen van dié sprekers is tweetalige moedertaalsprekers van Afrikaans en Engels.[4]

Buiten die oorspronklike taalgebied, is daar groot groepe Afrikaanssprekendes in lande soos Namibië (ongeveer 180 000; naastenby 9% van alle huishoudings),[5] die Verenigde Koninkryk (ongeveer 100 000),[6] Nieu-Seeland (21 000 in 2006),[7] Botswana (20 000), die Verenigde State (23 010 volgens die 2009–2013 American Community Survey wat deur die Amerikaanse Sensusburo in Oktober 2015 gepubliseer is[8]), Australië (43 741, volgens die sensus van 2016), en Kanada (8 770 volgens die sensus van 2011).[9]

Afrikaans het as kontaktaal aan die suidpunt van Afrika ontwikkel uit die kontak tussen 16de- en 17de eeuse Nieunederlands (of Nuwe Nederlands), Khoi, San, Maleis, Portugees, Frans, Duits, Engels en verskeie Nguni- en Sothotale.[10]

  1. www.ethnologue.com.
  2. https://www.ethnologue.com/language/afr
  3. http://www.statssa.gov.za/census/census_2011/census_products/Census_2011_Census_in_brief.pdf
  4. (en) "Gerhard Louw: Afrikaans". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Februarie 1999. Besoek op 1 Januarie 2008.
  5. http://data.un.org/Data.aspx?d=POP&f=tableCode%3a27%3bareaCode%3a0%3bsexCode%3a0&c=2,3,5,7,9,11,13,14,15&s=_vcvv2:asc,_countryEnglishNameOrderBy:asc,refYear:desc&v=1
  6. Volgens amptelike statistiek het 140 236 Suid-Afrikaanse burgers in 2001 in die Verenigde Koninkryk gebly, Statistics South Africa – Comparative Assessment of Data on Self-Declared Emigration, 2002 Update Geargiveer 3 September 2006 op Wayback Machine
  7. (en) "Statistics New Zealand – QuickStats about Culture and Identity". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Februarie 2008. Besoek op 1 Januarie 2008.
  8. mongabay.com: How many people speak "Afrikaans" in America. Besoek op 15 September 2019
  9. Statistics Canada: 2011 Census of Canada: Topic-based tabulations. Besoek op 19 Mei 2015
  10. Rajend Mesthrie: Language in South Africa, p. 200 tot 206

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search