Amptelike taal

Amptelike tale van Afrika:

   Afrikaans

   Arabies

   Engels

   Frans

   Portugees

   Spaans

   Swahili

   ander tale

Indiese deelstate met Hindi, Engels of plaaslike tale as amptelike tale

Die term amptelike taal of ampstaal verwys na dié taal wat deur die regering en ander owerhede van 'n bepaalde staat gebruik word om met mekaar en met die burgers te kommunikeer en wat ook deur die bewoners van die land gebruik word indien hulle 'n administratiewe instelling kontak. Meesal is die taal wat vir die grondwet van 'n land gebruik word, ook sy amptelike taal. Veelvolkige lande soos Suid-Afrika het dikwels meer as een amptelike taal.

In teenstelling met amptelike tale word verkeerstale of lingua franca in 'n veeltalige omgewing gebruik om die kommunikasie te vergemaklik, terwyl skool- of onderwystale net in die onderwys van 'n bepaalde land gebruik word.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search