Bloedlaster

'n Standbeeld van Simon van Trente, 'n Italiaanse kind vir wie se verdwyning en dood die stad se Jode geblameer is.

Bloedlaster of bloedverdigsels[1][2] is valse, antisemitiese aantygings[3][4] dat Jode veral Christelike kinders vang en hulle bloed in Joodse rituele gebruik. Die beskuldiging soos dit teen Jode gebruik is, is selde in antieke tye aangetref. Volgens die Romeinse skrywer Tertullianus is dit in die laat oudheid begin gebruik teen lede van die vroeë Christendom van die Romeinse Ryk.[5] 'n Millennium later, in die Middeleeue, het Christene dit begin gebruik as 'n aantyging teen Jode.[6][7] Dié aantyging, tesame met putvergifting en gasheerontheiliging, het van die Middeleeue tot in die moderne tyd 'n belangrike beskuldiging in Europa geword in die vervolging van Jode.[4]

Dikwels word met bloedlaster beweer Jode het menslike bloed nodig vir die maak van matso's, ongesuurde, plat brode wat tydens die Joodse Paasfees (ook Pasga, Pesach) geëet word. In vroeëre weergawes is Jode daarvan beskuldig dat hulle die kruisiging namaak.[8] Die beskuldigings sluit dikwels in dat Christelike kinders veral gesog is, en histories is dit gebruik om die verdwyning van baie kinders te verduidelik. In sommige gevalle is die vermeende slagoffers as heiliges vereer, soos William van Norwich, Hugh van Lincoln en Simon van Trente.

Die term "bloedlaster" word ook soms gebruik in verband met ander skadelike beskuldigings met 'n breër betekenis. Dit is egter omstrede, omdat Joodse groepe daarteen beswaar maak.[9][10][11]

  1. "Blood Accusation". Jewish Encyclopedia. (1901–1906). New York: Funk & Wagnalls. 
  2. Dundes, Alan, red. (1991). The Blood Libel Legend: A Casebook in Anti-Semitic Folklore. University of Wisconsin Press. ISBN 978-0-299-13114-2.
  3. Turvey, Brent E. Criminal Profiling: An Introduction to Behavioral Evidence Analysis, Academic Press, 2008, p. 3. "Blood libel: An accusation of ritual murder made against one or more persons, typically of the Jewish faith".
  4. 4,0 4,1 Chanes, Jerome A. Antisemitism: A Reference Handbook, ABC-CLIO, 2004, pp. 34–45.
  5. Emanuele D'Antonio, Jewish Self-Defense against the Blood Libel in Mid-Nineteenth Century Italy: the Badia Affair and Proceedings of the Castilliero Trial (1855-56), Quest. Issues in Contemporary Jewish History volume 14, 1 pp. 23–47
  6. Norman Cohn, Europe's Inner Demons, (1975) Paladin Books 1976 pp.1-8.
  7. Albert Ehrman, 'The Origins of the Ritual Murder Accusation and Blood Libel, Tradition vol. 14, No. 4 Lente 1976 p. 83
  8. "The life and miracles of St. William of Norwich". 1896.
  9. "What does 'blood libel' mean?". BBC. 12 Januarie 2011. Besoek op 16 April 2018.
  10. Jim Geraghty (12 Januarie 2011). "The Term 'Blood Libel': More Common Than You Might Think". National Review. Besoek op 16 April 2018.
  11. Boteach, Shmuley (14 Januarie 2011). "Sarah Palin Is Right About 'Blood Libel'". The Wall Street Journal.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search