Bluetooth

Vlokkie met bluetooth-antenne

Bluetooth is 'n protokol vir koordlose kommunikasie oor kort afstande. Dit is in die 1990's ontwikkel om die hoeveelheid elektroniese kabels wat om rekenaars gebruik word te verminder. Toestelle soos selfone, skootrekenaars, persoonlike rekenaars, rekenaardrukkers, digitale kameras en videospeletjies se konsole kan deur bluetooth met mekaar verbind en inligting uitruil. Dit word gedoen deur van radiogolwe gebruik te maak. Bluetooth is veilig om te gebruik. Dit word gewoonlik net oor relatiewe kort afstande, soos 'n paar meter, gebruik.[1] Ander seine hiervan kan tot 100 meter ver strek.[1]

  1. 1,0 1,1 Peshin, Akash (9 Januarie 2018). "What is the range of Bluetooth and how can it be extended?". Science ABC (in Engels). Besoek op 21 Julie 2020.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search