Kommunisme

Kommunisme
politieke ideologie, ekonomiese stelsel
Subklas vansosialismeWysig
Gekarakteriseer deuranti-kapitalismeWysig
Amptelike kleurrooiWysig
Teenoorgestelde vananti-kommunismeWysig
Die uitwerking van die Kommunisme ██ In die 1920er en 1930er██ In die 1940er en 1950er██ In die 1960er en 1970er
Die Hamer en sekel, 'n algemene simbool van kommunisme.

Kommunisme verwys na 'n klaslose stelsel van politieke en ekonomiese organisering, ingevolge waarvan eiendom en die produksiemiddele deur die staat besit word en alle burgers deel in die gesamentlike rykdom deur te produseer na hul vermoë en te neem volgens hul behoeftes.

In die praktyk word met Kommunisme veral die stroming bedoel wat op die idees van Karl Marx (marxisme) en Wladimir Lenin (leninisme) gebaseer is, en die uitwerking van die idees in die Sowjetunie, Kuba, Noord-Korea en ander "sosialistiese" state.

Met die woord Kommunisme word enersyds 'n ekonomiese stelsel aangedui waarin geen privaatbesit van produksiemiddele voorkom nie en andersyds 'n politieke leer wat die grondslag vorm vir bewegings wat so 'n stelsel nastreef.

Die Kommunistiese leer is veral beïnvloed deur die idees van Karl Marx en Friedrich Engels wat in 1848 in hul Kommunistiese Manifes uiteengesit is. Die oorspronklike Marxistiese teorie is in later jare oral in die wêreld op verskillende wyses by heersende situasies aangepas. In Brittanje en Wes-Europa het politieke bewegings ontstaan wat ten gunste van 'n verwatering van die Marxisme was, terwyl die Sowjetunie onder leiding van Lenin 'n militanter strategie vir die verwesenliking van die Marxisme ontwikkel het as wat Marx waarskynlik self sou voorgestaan het.

In die Sowjetunie het verskeie denkrigtings uit die Marxisme ontwikkel, byvoorbeeld Leninisme, Trotskyȉsme en Stalinisme. Die vinnige verspreiding van die Kommunisme na die Tweede Wêreldoorlog het daartoe gelei dat die beweging sy monolitiese karakter verloor het. In China het Mao Zedong se interpretasie van die Marxisme hom in konflik met die Sowjetunie gebring, terwyl verskeie variasies ook in Europa en Latyns-Amerika ontstaan het, waaronder Titoïsme in Joego-Slawië en Castroïsme in Kuba.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search