Bosporus

Bosporus

Satellietfoto van die Bosporus, in April 2004 geneem vanaf die Internasionale Ruimtestasie

Ligging van die Bosporus
Koördinate:41°07′10″N 29°04′31″O / 41.11944°N 29.07528°O / 41.11944; 29.07528Koördinate: 41°07′10″N 29°04′31″O / 41.11944°N 29.07528°O / 41.11944; 29.07528
Ligging:Turkye
Soort:Seestraat van die Atlantiese Oseaan
Lengte:30 km
Breedte:700 m
Invloei:Swartsee
Uitvloei:See van Marmara
Eiland/e:Prinse-eilande
Nedersettings:Istanboel

Die Bosporus (Grieks: Βόσπορος, Bósporos; Turks: Boğaziçi, [boːaziˈt͡ʃi]), ook bekend as die Istanboel-straat (Turks: İstanbul Boğazı), is ’n seestraat wat deel vorm van die grens tussen Europa en Asië.[1] Die ander belangrike Turkse seestraat is die Dardanelle. Die Bosporus is die nouste straat in die wêreld wat vir internasionale seevaart gebruik word en verbind die Swartsee met die See van Marmara, wat weer deur die Dardanelle aan die Egeïese See verbind is, en daardeur aan die Middellandse See.

Ligging van die Turkse Strate: ██ Bosporus ██ Dardanelle

Dit is sowat 30 km lank, met ’n maksimum breedte van 3 700 m by die noordelike ingang en ’n minimum breedte van 700 m tussen Kandilli en Aşiyan. Die diepte wissel tussen 36 tot 124 m. Die oewers van die Bosporus is dig bevolk omdat die stad Istanboel met sy meer as 11 miljoen inwoners aan weerskante geleë is.

Twee brûe span oor die Bosporus. Die eerste, die Bosporus-brug, is 1 074 m lank en is in 1973 voltooi. Die tweede, die Fatih Sultan Mehmet-brug, is sowat 5 km noord daarvan en is 1 090 m lank, en in 1988 voltooi. ’n Derde brug verder weg van die middestad-verkeer, die Yavuz Sultan Selim-brug, is 2 164 m lank en in 2016 voltooi.[2][3]

’n Ondersese spoorwegtonnel, die Marmaray-tonnel, is op 29 Oktober 2013 geopen. Sowat 1 400 m daarvan loop onder die seestraat deur op ’n diepte van sowat 55 m.

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  2. "3rd Bosphorus bridge opening ceremony" (in Engels). TRT World. 25 Augustus 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Februarie 2020.
  3. "Istanbul's mega project Yavuz Sultan Selim Bridge to open in large ceremony" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Februarie 2020.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search