Caroline, Prinses van Hannover

Caroline
Prinses van Hannover
Prinses Caroline in 2009
Prinses Caroline in 2009
Naam Caroline
Volle naam Caroline Louise Marguerite
Titels Prinses van Hannover
Suster van Albert II van Monaco
Gebore 23 Januarie 1957, Monaco
Eggenoot Ernst August, Prins van Hannover
(getroud 1999)
Stefano Casiraghi
(getroud 1983, oorlede 1990)
Philippe Junot
(getroud 1978, geskei 1980)
Kinders Andrea Casiraghi
Charlotte Casiraghi
Pierre Casiraghi
Prinses Alexandra van Hannover
Huis Hannover, Grimaldi
Vader Rainier III
Moeder Grace Kelly

Caroline, Prinses van Hannover (Caroline Louise Marguerite Grimaldi, gebore 23 Januarie 1957) is die oudste kind van wyle prins Rainier III van Monaco en sy vrou, die voormalige Amerikaanse aktrise en Oscar-wenner Grace Kelly.

Sy is gebore as prinses Caroline van Monaco van die Huis van Grimaldi en is sedert 1999 die tweede vrou van Ernst August, Prins van Hannover. Sedert haar pa se dood op 6 April 2005 was sy ook die vermoedelike opvolger van haar broer, Albert II van Monaco, totdat daar op 10 Desember 2014 'n seun vir hom gebore is. Sy het ook ’n jonger suster, Stéphanie.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search