Kriptogeld

Kriptogeld of kriptovaluta verwys na 'n digitale ruilmiddel en geldeenheid wat streng op kriptografie staatmaak om transaksies te beveilig en om die aantal bestaande eenhede te beheer.[1] Kriptogeld vorm dus 'n subversameling van alternatiewe geldeenhede. Bitcoin het die eerste gedesentraliseerde kriptogeld in 2009 geword.[2] Sedertdien is talle nuwe kriptogeldeenhede geskep. Die kriptogeld wat na Bitcoin geskep is, word in Engels dikwels altcoins genoem, 'n verkorting van alternative coin.

  1. Andy Greenberg (20 April 2011). "Crypto Currency" (in Engels). Forbes.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Mei 2020. Besoek op 8 Augustus 2014.
  2. Sagona-Stophel, Katherine. "Bitcoin 101 white paper" (PDF). Thomson Reuters.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search