Safari (webblaaier)

Safari
Kort opsomming van die logo.
Safari 6.0 in OS X Lion

Ontwikkelaar Apple Inc.
Aanvanklike vrystelling 7 Januarie 2003
Mees onlangse weergawe 7.0/ 24 Oktober 2013
Ontwikkelingstatus Aktief
Programmeertaal C++, Objective-C
Bedryfstelsel OS X, iOS, Microsoft Windows (tot 5.1.7)
Ingesluit by OS X, iOS
Enjin WebKit
Platform Vryware, sommige komponente GNU LGPL
Kategorie Webblaaier
Webblad Safari

Safari is ’n webblaaier wat deur Apple Inc. ontwikkel is en by die OS X en iOS-bedryfstelsels ingesluit word. Dit is aanvanklik as ’n betaweergawe op 7 Januarie 2003 bekendgestel[1] op die maatskappy se OS X-bedryfstelsel. Dit het Apple se verstekwebblaaier geword met die vrystelling van Mac OS X v10.3 “Panther”. Safari is ook ’n inheemse toep vir iOS.

’n Weergawe van Safari vir die Microsoft Windows-bedryfstelsel is op 11 Junie 2007 vrygestel[2] en is ondersteun deur Windows XP met Dienspakket 2 of nuwer[3] maar dit is sedertdien laat vaar.[4] Safari 5.1.7 wat op 9 Mei 2012 vrygestel is, was die laaste weergawe vir Windows.[5][3]

Volgens Net Applications was Safari verantwoordelik vir 62,17 persent van mobiele webnavigasie en 5,43 persent van rekenaarinternetverkeer in Oktober 2011, met ’n gekombineerde markaandeel van 8,72 persent.[6]

  1. (en) Apple Inc. (7 Januarie 2007). "Apple stel Safari bekend". Persberig. http://www.apple.com/pr/library/2003/jan/07safari.html. Besoek op 3 Januarie 2008. 
  2. (en) Apple Inc. (11 Junie 2007). "Apple stel Safari vir Windows bekend". Persberig. http://www.apple.com/pr/library/2007/06/11safari.html. Besoek op 12 Junie 2008. 
  3. 3,0 3,1 "Safari 5.1.7 vir Windows" (in Engels). Apple Inc. 9 Mei 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Februarie 2015. Besoek op 20 November 2012.
  4. (en) Gebroke aflaaiskakel bevat nou geen inligting oor Safari vir Windows nie
  5. "Apple verlaat blykbaar Windows-ondersteuning in Safari 6.0" (in Engels). AppleInsider. 25 Julie 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020.
  6. Peter Bright (2 November 2011). "Die einde van 'n era: Internet Explorer val onder 50% van webgebruik". Ars Technica (in Engels). Condé Nast. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Mei 2012. Besoek op 22 November 2011.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search