Kommunistiese Party van die Sowjetunie

Kommunistiese Party van die Sowjetunie
KPSU
Logo van die betrokke party.
Die embleem van die Kommunistiese Party van die Sowjetunie. Dit toon die gesigsprofiel van Wladimir Lenin, stigter van die party, asook die bekende hamer en sekel wat 'n kenmerk van kommunisme is.

Slagspreuk «Пролетарии всех стран, соединяйтесь!»
"Werkers van die wêreld, verenig!"
Gestig Januarie 1912
as RSDLP(b)
Maart 1918
as RCP(b)
Desember 1925
as VKP(b)
Oktober 1952
as KPSU
Ontbind 29 Augustus 1991
Die hele Sowjetse gebied
6 November 1991
RSFSR-gebied
Voorafgegaan deur Russiese Sosiaal-Demokratiese Arbeidersparty
Opgevolg deur De jure:
Geen
Selfverklaar:
KPSU (1992)
KPRF
Nuusbrief Prawda
Hoofkwartier Moskou
Jeugvleuel Komsomol
Jong Pioniers
Ideologie Kommunisme, MarxismeLeninisme
Internasionale affiliasie Tweede Internasionaal (1912–1914)[1]
Komintern (1919–1943)
Kominform (1947–1956)
Amptelike kleure      Rooi

Die Kommunistiese Party van die Sowjetunie (Russies: Коммунисти́ческая па́ртия Сове́тского Сою́за, Kommoenistitsjeskaja partija Sowetskowo Sojoeza, [kəmʊnʲɪsʲtʲˈitɕɪskəjə ˈpartʲɪjə sɐvʲˈetskəvə sɐˈjuzə]), verkort in Afrikaans as die KPSU, was die stigter en regerende politieke party van die Unie van Sosialistiese Sowjetrepublieke (USSR of Sowjetunie). Die KPSU was die enigste regerende party van die Sowjetunie tot in 1990, toe die Kongres van Volksafgevaardigdes die artikel van die grondwet verander het wat die KPSU 'n monopolie oor die politieke stelsel gegee het. Die party is in 1912 gestig deur die Bolsjewiste ('n faksie van die Russiese Sosiaal-Demokratiese Arbeidersparty- RSDLP), 'n rewolusionêre groep onder leiding van Wladimir Lenin, wat die mag oorgeneem het in die nasleep van die Oktoberrewolusie van 1917. Die party is egter kort ná 'n mislukte staatsgreep op 29 Augustus 1991 op die Sowjetgebied ontbind en is op 6 November 1991 heeltemal op Russiese grondgebied afgeskaf.

Die KPSU was 'n kommunistiese party wat georganiseer was op grond van demokratiese sentralisme, 'n beginsel wat deur Lenin bedink is. Dit behels demokratiese en oop besprekings van beleidsvraagstukke binne die party en totale eenheid in die nakoming van die ooreengekome beleid. Die hoogste liggaam binne die KPSU was die Partykongres, wat elke vyf jaar byeengeroep is. Die leier van die party het gedien as die hoof van die regering en het die titel sekretaris-generaal, premier of staatshoof gehad. Die partyleier was die de facto-voorsitter van die KPSU se Politburo en hoof- uitvoerende beampte van die Sowjetunie. Die spanning tussen die party en die staat (Raad van Ministers van die Sowjetunie) oor die verskuiwende fokus van mag is nooit amptelik opgelos nie, maar in werklikheid het die party oorheers en daarom was daar altyd 'n hoofleier (eers Lenin en daarna die sekretaris-generaal).

Na die stigting van die Sowjetunie in 1922 het Lenin 'n gemengde ekonomie ingestel wat algemeen bekend staan as die Nuwe Ekonomiese Beleid, wat toegelaat het dat kapitalistiese praktyke onder voorskrif van die Kommunistiese Party hervat word om die nodige voorwaardes te ontwikkel vir sosialisme as 'n praktiese strewe in die ekonomies onontwikkelde land.

'n Aantal oorsake het bygedra tot KPSU se verlies aan beheer en die ontbinding van die Sowjetunie gedurende die vroeë 1990's. Sommige historici het geskryf dat Michail Gorbatsjof se beleid van "glasnost" (politieke openheid) die hoofoorsaak was, en opgemerk dat dit die party se beheer oor die samelewing verswak het. Gorbatsjof het volgehou dat perestroika sonder glasnost in elk geval tot mislukking gedoem is. Ander het die ekonomiese stagnasie en die daaropvolgende verlies van geloof deur die algemene bevolking in kommunistiese ideologie geblameer. In die laaste jare van die KPSU se bestaan is die Kommunistiese Partye van die federale onderdane van Rusland verenig in die Kommunistiese Party van die Russiese Federatiewe Sosialistiese Sowjetrepubliek. Na die KPSU se ondergang het die Kommunistiese Partye van die Unierepublieke onafhanklik geword en verskeie afsonderlike hervormingspaaie gevolg. In Rusland het die Kommunistiese Party van die Russiese Federasie ontstaan en is dit beskou as die erfgenaam van die KPSU se ou Bolsjewistiese nalatenskap tot vandag toe.[2]

  1. https://www.marxists.org/glossary/events/c/congress-si.htm#1912
  2. "Справочник по истории Коммунистической партии и Советского Союза 1898 – 1991" [A Handbook on the History of the Communist Party and the Soviet Union 1898 – 1991]. Knowbysight.info (in Russies). 4 Februarie 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 September 2014. Besoek op 24 Januarie 2020.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search