Interseksionaliteit

'n Interseksionele analise beskou 'n versameling faktore wat 'n sosiale individu in kombinasie beïnvloed, eerder as om elke faktor in isolasie te oorweeg.

Interseksionaliteit is 'n ontledingsraamwerk om te verstaan hoe 'n persoon se verskillende sosiale en politieke identiteite kombineer om verskillende maniere van diskriminasie en voorreg te skep. Interseksionaliteit identifiseer veelvuldige faktore van voordeel en nadeel.[1] Voorbeelde van hierdie faktore sluit in gender, kaste, geslag, ras, etnisiteit, klas, seksualiteit, godsdiens, gestremdheid, gewig, en fisiese voorkoms.[2] Hierdie kruisende en oorvleuelende sosiale identiteite kan beide bemagtigend en onderdrukkend wees.[3][4] Min goeie kwaliteit kwantitatiewe navorsing is egter gedoen om die teorie van interseksionaliteit te ondersteun of te ondermyn. [5]

Interseksionaliteit verbreed die omvang van die eerste en tweede golwe van feminisme, wat grootliks gefokus het op die ervarings van vroue wat wit, middelklas en cisgender was,[6] om die verskillende ervarings van vroue van kleur, arm vroue, immigrantevroue, en ander groepe in te sluit. Interseksionele feminisme het ten doel om ditself van wit feminisme te skei deur vroue se verskillende ervarings en identiteite te erken.[7]

Die term intersectionality was geskep deur Kimberlé Crenshaw in 1989.[8]:385 Sy beskryf hoe ineenlopende stelsels van mag diegene beïnvloed wat die meeste gemarginaliseerde in die samelewing is.[8]

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Runyan
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Tucker
  3. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Holley 2016
  4. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Zinn 1996
  5. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Bauer2021
  6. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named hooks
  7. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named IWDA
  8. 8,0 8,1 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Cooper 2016

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search