Aromaterapie

Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie.
Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word.
'n Verspreider en 'n bottel essensiële olie

Aromaterapie (Engels: "Aromatherapy") is 'n skynwetenskap. Dit maak gebruik van aromatiese materiale, insluitend essensiële olies, en ander aromaverbindings, met aansprake op die verbetering van sielkundige of fisiese welstand.[1] Dit word aangebied as 'n aanvullende terapie saam met standaardbehandelings[2] of as 'n vorm van alternatiewe medisyne in plaas van konvensionele, bewysgebaseerde behandelings.[3]

Aromaterapeute, mense wat spesialiseer in die praktyk van aromaterapie, gebruik mengels van essensiële olies wat veronderstelde terapeutiese waarde het en gebruik dit as 'n plaaslike toediening, in massering, vir inaseming of in 'n water opolossing. Daar is geen goeie mediese bewyse dat aromaterapie enige siekte kan voorkom, behandel of genees nie.[4] Plasebo-beheerde proewe is moeilik om te ontwerp, aangesien die reuk van die produkte die punt van aromaterapie is. Daar is betwiste bewyse dat dit effektief kan wees in die bekamping van naarheid en braking na 'n operasie.[5][6]

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Aroma
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Voordeel
  3. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Kanker
  4. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Lee
  5. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named acs
  6. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Hines2018

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search