Ontgiftingsvoetbad

Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie.
Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word.
'n Persoon wat 'n detoksvoetbadbehandeling ontvang

Ontgiftingsvoetbaddens of detoksvoetbaddens (ook bekend as voetdetoks, ioniese reiniging, ioniese voetbad en aqua- / waterdetoks) is pseudowetenskaplike toestelle wat bemark word as of dit in staat is om gifstowwe uit die menslike liggaam te verwyder. Dit werk deur 'n elektriese stroom aan 'n groep elektrodes te voorsien wat in 'n soutwateroplossing gedompel is. As dit aangeskakel word, roes die elektrodes vinnig in 'n chemiese proses genaamd elektrolise, wat die water vinnig bruin maak. Hierdie reaksie vind plaas ongeag of 'n persoon se voete in die water gedompel is of nie. Geen gifstowwe uit die menslike liggaam is na gebruik in die water opgespoor nie.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search