Kwaksalwery

Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie.
Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word.
Jan Steen se De kwakzalver

Kwaksalwery, dikwels sinoniem met gesondheidsbedrog, is die bevordering van bedrieglike of onkundige mediese praktyke. Die woord is afgelei van die Nederlands: kwakzalver 'n "verkoper van salf". 'n Kwak is 'n "bedrieglike of onkundige mens wat voorgee dat hy mediese vaardigheid het" of "iemand wat voorgee dat hy professioneel of in die openbaar vaardigheid, kennis, kwalifikasies of getuigskrifte het wat hy nie besit nie; 'n slangolieverkoopsman."[1]

Algemene elemente van kwaksalwery sluit twyfelagtige diagnoses in met behulp van twyfelagtige toetse, sowel as ongetoetstde of weerlegde behandelings, veral vir ernstige siektes soos kanker. Kwaksalwery word dikwels beskryf as "gesondheidsbedrog" met die belangrikste kenmerk van aggressiewe bevordering.

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Quack

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search