Signatuurleer

Aristolochia labiata is vir swangerskap gebruik.

In die mediese vakterminologie verwys signatuurleer na die leer van Paracelsus waarvolgens bepaalde eienskappe van 'n plant of plantdeel, bv. vorm of kleur, sou aandui teen watter siekte dit werksaam is.

Dit word vandag as pseudowetenskap beskou,[1] en het tot baie sterftes en ernstige siektes gelei. Byvoorbeeld geboortekruid (sogenaamd as gevolg van sy ooreenkoms met die baarmoeder), wat eens wyd gebruik is vir swangerskappe, is kankerverwekkend en baie skadelik vir die niere, as gevolg van sy aristinieksuur inhoud.[2] As 'n verdediging teen predasie bevat baie plante giftige chemikalieë, waarvan die werking nie onmiddellik sigbaar is nie, of wat nie maklik aan die plant gekoppel kan word eerder as ander faktore nie.

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named wired
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named poison

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search