Bosbou

Bosbou werk in Oostenryk.

Bosbou is die wetenskap en ambag van die skep, bestuur, plant, gebruik, bewaar en herstel van woude, boslande en gepaardgaande hulpbronne vir menslike- en omgewingsvoordele.[1] Bosbou word in plantasies en natuurlike erwe beoefen.[2] Die wetenskap van bosbou het elemente wat tot die biologiese, fisiese, sosiale, politieke en bestuurswetenskappe behoort.[3] Bosbestuur speel 'n noodsaaklike rol in die skepping en wysiging van habitatte en beïnvloed die voorsiening van ekosisteemdienste.[4]

Moderne bosbou omhels oor die algemeen 'n wye reeks bekommernisse, in wat bekend staan as meervoudige-gebruik-bestuur, insluitend: die voorsiening van timmerhout, brandstof-hout, wild habitat, natuurlike waterkwaliteitbestuur, ontspanning, landskap- en gemeenskapsbeskerming, indiensneming, esteties aantreklike landskappe, biodiversiteit-bestuur, opvanggebied-bestuur, erosiebeheer, die behoud van woude as "putte" vir atmosferiese koolstofdioksied.

Bos-ekosisteme word gesien as die belangrikste komponent van die biosfeer,[5] en bosbou het na vore getree as 'n noodsaaklike toegepaste wetenskap, ambag, en tegnologie. 'n Beoefenaar van bosbou staan bekend as 'n bosbouer.

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named dictionaryofforestry
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named forestryfocus
  3. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Young
  4. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Frouz
  5. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named tutorvista

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search