Polimeerchemie

Polimeerchemie is 'n tak van chemie en hoofsaaklik die organiese chemie wat stowwe bestudeer wat gevorm word deur 'n monomeer wat met homself kan reageer en daardeur molekule kan vorm waarin die monomeerblok homself herhaal.

Sulke chemiese reaksies word polimerisasies genoem en die produk daarvan heet 'n polimeer. Skematies kan 'n polimerisasie weergegee word as:

Die getal "n" word die polimerisasiegraad genoem.

Polimere kan baie groot molekule of molekulêre netwerke wees. Hulle is dus makromolekule. Makromolekule hoef egter nie uit die herhaling van net een monomeer te bestaan. Polimere is dus 'n onderverdeling van die makromolekule.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search